6 Sy het na die dorsvloer toe gegaan en alles gedoen wat haar skoonma vir haar gesê het.
7 Nadat Boas geëet en gedrink het, was hy baie vrolik en het hy langs die mied gaan lê. Rut het toe stilletjies gekom, sy voete oopgemaak en by sy voete ingekruip.
8 Toe hy in die middel van die nag wakker skrik en omdraai, was hy baie verbaas toe hy 'n vrou by sy voete gewaar.
9 Hy vra toe vir haar: “Wie is jy?” en sy antwoord: “Ek is Rut, ek is van u afhanklik, en u is my losser; neem my nou onder u beskerming.”
10 Hy sê toe: “Mag die Here jou seën, my dogter! Wat jy nou doen, naamlik dat jy agter geen jongman, arm of ryk, aanloop nie, is baie beter as die liefde wat jy aan die begin aan jou skoonma bewys het.
11 Moet nou nie verder bekommerd wees nie, my dogter. Alles wat jy my vra, sal ek doen, want al die mense weet dat jy 'n goeie vrou is.
12 Dit is waar dat ek jou losser is, maar nou is dit ook so dat daar 'n ander losser is wat nader familie is as ek.