1 Maak oop jou poorte, Libanon, dat 'n vuur jou seders kan verteer!
2 Huil, sipres, want 'n seder het geval, die grootste bome is verwoes! Huil, groot bome in Basan, want die ondeurdringbare bos het geval!
3 Luister hoe huil die herders omdat hulle beste weiveld verwoes is! Luister hoe brul die leeus omdat die pragtige bos langs die Jordaan verwoes is!
4 So het die Here my God gesê: Gaan wees 'n herder vir die slagskape.