1 Die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, het teruggekom en my wakker gemaak, net soos 'n mens uit sy slaap wakker gemaak word.
2 Hy het vir my gevra: “Wat sien jy?” maar hy het self voortgegaan: “Ek het gesien daar is 'n kandelaar, heeltemal van goud; bo-op is 'n oliebak met sewe tuite en sewe lamppitte in elkeen.
3 By die kandelaar is twee olyfbome, een regs van die oliebak en een links.”
4 Ek vra toe vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê: “Wat beteken dit, Meneer?”
5 Hy het geantwoord: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”Ek het gesê: “Nee, Meneer.”