3 Hulle moes vir die priesters by die huis van die Here die Almagtige en vir die profete vra: “Moet ons nog in die vyfde maand huil en vas soos ons nou al jare lank doen?”
4 Die woord van die Here die Almagtige het toe tot my gekom:
5 Sê vir almal in die land en vir die priesters: Julle vas en treur nou al sewentig jaar lank in die vyfde en in die sewende maand, maar vas julle tot my eer?
6 En as julle eet en drink, doen julle dit vir julleself.
7 Daar is mos ook nog die woorde wat Ek, die Here, deur die vroeëre profete laat aankondig het in die tyd toe Jerusalem nog bewoon en veilig was en toe die stede rondom Jerusalem en ook die Suidland en die Laeveld bewoon was.
8 Dié woord van die Here het ook tot Sagaria gekom:
9 So het die Here die Almagtige gesê: Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar;