12 Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoeken die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink:die Here doen nie goed óf kwaad nie.
13 Hulle besittings sal geplunder word,hulle huise verwoes word.Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie,wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.
14 Die groot dag van die Here is naby,baie naby, dit kom gou.Luister hoe bitter, hoe skril klinkdie geskreeu van die soldate dié dag!
15 Dié dag is 'n dag van toorn,'n dag van nood en benoudheid,'n dag van storms en verwoesting,'n dag van donkerte, van duisternis,'n dag van wolke, van swaar onweer,
16 'n dag waarop die ramshoring sal blaasen die krygsgeskreeu sal klinkteen die vestingstede, teen die hoë hoektorings.
17 Ek laat angs die mense paksodat hulle soos blindes loop,want hulle het teen My gesondig.Hulle bloed sal vergiet wordasof dit so min werd is as stof,asof hulle liggameniks meer as uitwerpsel is nie.
18 Nóg hulle silwer nóg hulle goudsal hulle kan red op die dagwanneer die toorn van die Here losbreek,wanneer die hele land verteer worddeur die vuur van sy woede.Hy bring vernietiging en skrikoor al die inwoners van die land.