3 Ek gaan 'n einde maak aan mens en dier,aan voëls en visse,Ek gaan 'n einde maak aan dié wat mense laat struikel het,en aan die goddeloses;Ek gaan die mense van die aarde af uitroei, sê die Here.
4 Ek gaan my hand uitsteek teen Judaen teen al die inwoners van Jerusalem,Ek gaan uit hierdie plek uitroeiwat daar nog van Baäl oor is:die naam van die afgodspriesters, van alle priesters:
5 dié wat op die dakke die hemelliggame aanbid,dié wat die Here aanbiden aan Hom trou sweermaar terselfdertyd ook aan Milkom,
6 dié wat die rug vir die Here draai,na sy wil nie vra nie en Hom nie raadpleeg nie.
7 Wag in stilte op die Here God!Die dag van die Here is naby!Hy het 'n maaltyd voorberei,en dié wat Hy genooi het, gewy.
8 Op die dag van die maaltyd sal Ek, die Here,die amptenare en die prinse straf,almal wat uitlandse klere dra.
9 Daardie dag sal Ek almal strafwat uit bygeloof nie eens op 'n drumpel trap nieen wat die huis van hulle Koningmet geweld en bedrog vul.