9 Daardie dag sal Ek almal strafwat uit bygeloof nie eens op 'n drumpel trap nieen wat die huis van hulle Koningmet geweld en bedrog vul.
10 Daardie dag, sê die Here,sal daar noodkrete klink uit die Vispoort uit,gehuil uit die tweede stadswyk,harde smartkrete van die heuwels af.
11 Huil, inwoners van die Vysel,want al die handelaars word uitgedelg,almal wat geld afweeg, word uitgeroei.
12 Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoeken die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink:die Here doen nie goed óf kwaad nie.
13 Hulle besittings sal geplunder word,hulle huise verwoes word.Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie,wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.
14 Die groot dag van die Here is naby,baie naby, dit kom gou.Luister hoe bitter, hoe skril klinkdie geskreeu van die soldate dié dag!
15 Dié dag is 'n dag van toorn,'n dag van nood en benoudheid,'n dag van storms en verwoesting,'n dag van donkerte, van duisternis,'n dag van wolke, van swaar onweer,