1 Ellende wag vir Jerusalem,die opstandige, besoedelde stadwaarin daar soveel verdrukking is.
2 Hy is ongehoorsaamen wil hom nie laat teregwys nie,hy vertrou nie op die Here nieen dien nie sy God nie.
3 Die amptenare in die stad is brullende leeus;sy regters is wolwe wat snags aas soeken tot die môre toe nie genoeg kry om aan te knaag nie;
4 sy profete is roekelose, trouelose mense;sy priesters ontwy wat gewyd isen doen die wet van die Here geweld aan.
5 In dié stad is die Here die regverdige,net Hy doen nie onreg nie.Hy gee môre vir môre sy beslissing;sy beslissing bly nie een dag uit nieen tog ken dié wat onreg doen, geen skaamte nie.