1 Ellende wag vir Jerusalem,die opstandige, besoedelde stadwaarin daar soveel verdrukking is.
2 Hy is ongehoorsaamen wil hom nie laat teregwys nie,hy vertrou nie op die Here nieen dien nie sy God nie.
3 Die amptenare in die stad is brullende leeus;sy regters is wolwe wat snags aas soeken tot die môre toe nie genoeg kry om aan te knaag nie;
4 sy profete is roekelose, trouelose mense;sy priesters ontwy wat gewyd isen doen die wet van die Here geweld aan.
5 In dié stad is die Here die regverdige,net Hy doen nie onreg nie.Hy gee môre vir môre sy beslissing;sy beslissing bly nie een dag uit nieen tog ken dié wat onreg doen, geen skaamte nie.
6 Ek het nasies uitgeroei,hulle vestings is vernietig.Ek het hulle paaie verlate gemaak,sonder iemand wat daar loop.Hulle stede is verwoes, daar is niemand nie,nie een inwoner nie.
7 Ek het gedink Jerusalem sal nou vir My ontsag hêen hom laat teregwys,sodat sy woonplek nie vernietig worden al my straf hom tref nie.Maar hy het gretig bly sondigmet alles wat hy doen.