5 In dié stad is die Here die regverdige,net Hy doen nie onreg nie.Hy gee môre vir môre sy beslissing;sy beslissing bly nie een dag uit nieen tog ken dié wat onreg doen, geen skaamte nie.
6 Ek het nasies uitgeroei,hulle vestings is vernietig.Ek het hulle paaie verlate gemaak,sonder iemand wat daar loop.Hulle stede is verwoes, daar is niemand nie,nie een inwoner nie.
7 Ek het gedink Jerusalem sal nou vir My ontsag hêen hom laat teregwys,sodat sy woonplek nie vernietig worden al my straf hom tref nie.Maar hy het gretig bly sondigmet alles wat hy doen.
8 Daarom, wag vir My in vrees, sê die Here,wag vir die dag wanneer Ek opstaan en my buit kom vat.Ek het besluit om nasies bymekaar te maak,koninkryke saam te roepen op hulle my gramskap uit te stort,die volle gloed van my toorn:die hele aarde sal verteer wordin die vuur van my woede.
9 Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak,sodat hulle almal My sal aanroepen soos een man My sal dien.
10 Van anderkant die riviere van Kus afsal dié wat My vereer, my verstrooide volk,vir My geskenke bring.
11 Daardie dag sal jy nie meer rede hê om jou te skaamdat jy opstandig teen My was met alles wat jy gedoen het nie,want Ek gaan uit jou uithaaldié wat hulle so verheug het in jou hovaardigheid;jy sal nie meer vol hoogmoed weesdaar op my heilige berg nie.