3 So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.
4 Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word,jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.
5 Selfs wyse mense kan na die spreuke luisteren so tot dieper insig kom.Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer
6 om spreuke en sinspelings,woorde en raaisels van wyse mense te begryp.
7 Kennis begin met die dien van die Here;dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
8 My seun, jy moet luister na die onderrigwat jou vader jou gee;moenie wat jou moeder jou leer,verontagsaam nie:
9 dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kopen 'n kettinkie jou hals.