11 'n Stad kry 'n goeie naamwanneer opregte mense dit prys,maar dit word afgebreekdeur wat goddelose mense daarvan sê.
12 'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander;'n verstandige mens swyg.
13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;'n betroubare mens bewaar 'n geheim.
14 Sonder oorwoë leiding val 'n volk;die redding lê in baie raadgewers.
15 Dit gaan sleg met hom wat vir iemand borg staan;die man wat weier om borg te staan, is veilig.
16 'n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam;mense wat niks ontsien nie, is gesteld op rykdom.
17 'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby;'n hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot.