3 Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers;die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.
4 Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie;om te lewe volgens sy wil, red van die dood.
5 Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk;wie verkeerd doen, kom daardeur tot 'n val.
6 Die betroubaarheid van eerlike mense red hulle;onbetroubare mense word deur hulle hebsug gevang.
7 Wanneer 'n slegte mens sterf, verdwyn alle hoop,selfs die verwagting wat op mag gebou is.
8 Die regverdige word uit sy nood bevry,en dié nood tref die goddelose.
9 'n Godlose mens laat 'n ander te gronde gaan met wat hy sê;mense wat aan God gehoorsaam is,word deur hulle kennis gered.