7 Wanneer 'n slegte mens sterf, verdwyn alle hoop,selfs die verwagting wat op mag gebou is.
8 Die regverdige word uit sy nood bevry,en dié nood tref die goddelose.
9 'n Godlose mens laat 'n ander te gronde gaan met wat hy sê;mense wat aan God gehoorsaam is,word deur hulle kennis gered.
10 'n Stad juig oor die voorspoed van regverdigesen jubel wanneer die goddeloses te gronde gaan.
11 'n Stad kry 'n goeie naamwanneer opregte mense dit prys,maar dit word afgebreekdeur wat goddelose mense daarvan sê.
12 'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander;'n verstandige mens swyg.
13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;'n betroubare mens bewaar 'n geheim.