1 'n Wyse seun laat hom leer deur sy vader,'n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie.
2 'n Mens kan voorspoedig worddeur altyd die regte woorde te gebruik;onbetroubare mense is net uit op geweld.
3 Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe;wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet.
4 Die luiaard se honger word nie gestil nie;hardwerkende mense het meer as genoeg om te eet.
5 Die regverdige haat leuens;die goddelose maak hom gehaat en veragtelik.