11 Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik;wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk.
12 'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak 'n mens mismoedig;'n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe.
13 Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie,sal die gevolge dra;wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk.
14 Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe;dit laat jou die strikke van die dood vermy.
15 Iemand wat goeie insig het, geniet goedgesindheid;die pad van onbetroubare mense lei tot vernietiging.
16 Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen;wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.
17 'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid;'n gesant op wie jy kan staatmaak, stel sake weer reg.