14 Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe;dit laat jou die strikke van die dood vermy.
15 Iemand wat goeie insig het, geniet goedgesindheid;die pad van onbetroubare mense lei tot vernietiging.
16 Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen;wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.
17 'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid;'n gesant op wie jy kan staatmaak, stel sake weer reg.
18 Armoede en vernedering wag vir iemandwat hom nie wil laat leer nie,wie 'n teregwysing ter harte neem, word geëer.
19 'n Begeerte wat vervul is, bring vreugde.Dwase het 'n afkeer daarvan om kwaad te vermy.
20 Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid;wie hom met dwase ophou, word self sleg.