1 'n Wyse vrou sorg vir haar huis;'n vrou sonder wysheid breek alles af.
2 Wie opreg lewe, dien die Here;wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie.
3 Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf;die woorde van wyse mense beskerm hulle.
4 As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg;met net een goeie os bring jy 'n groot oes in.
5 'n Betroubare getuie lieg nie;'n vals getuie vertel een leuen na die ander.
6 Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie;'n verstandige mens doen maklik kennis op.
7 Vermy 'n dwase mens;jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie.