10 Net 'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed,en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie.
11 Die goddelose en sy nageslag sterf uit;die opregtes het 'n groot nageslag.
12 Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,maar die uiteinde daarvan is die dood.
13 'n Mens kan lag terwyl hy treur,die uiteinde van vreugde kan kommer wees.
14 'n Onbetroubare mens kry sy verdiende loon;'n goeie mens ontvang meer as sy beloning.
15 Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word;'n verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.
16 Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad;wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd.