15 Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word;'n verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.
16 Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad;wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd.
17 Wie kort van draad is, begaan dwaashede;'n agterbakse mens maak hom gehaat.
18 Mense wat ervaring kortkom, sit met hulle eie dwaasheid;verstandige mense word met kennis bekroon.
19 Slegte mense moet voor goeies buig,goddeloses moet buig wanneer 'n regverdige by sy huis uitkom.
20 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot;'n ryk man het baie vriende.
21 Wie sy naaste verag, doen sonde;wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.