19 Slegte mense moet voor goeies buig,goddeloses moet buig wanneer 'n regverdige by sy huis uitkom.
20 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot;'n ryk man het baie vriende.
21 Wie sy naaste verag, doen sonde;wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.
22 Wie altyd op kwaad uit is, is op die verkeerde pad;wie goed doen, geniet liefde en trou.
23 Harde werk bring beloning;om net te praat, bring gebrek.
24 Wyse mense word bekroon met rykdom;die dwaasheid van dwase mense lei na meer dwaasheid.
25 'n Betroubare getuie red lewens;die een wat leuens kwytraak, maak alles vals.