3 Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf;die woorde van wyse mense beskerm hulle.
4 As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg;met net een goeie os bring jy 'n groot oes in.
5 'n Betroubare getuie lieg nie;'n vals getuie vertel een leuen na die ander.
6 Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie;'n verstandige mens doen maklik kennis op.
7 Vermy 'n dwase mens;jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie.
8 Die wysheid van 'n verstandige mens wys vir hom 'n duidelike koers aan;die dwaasheid van 'n dwase mens maak alles vals.
9 Die skuldoffer wat deur dwase gebring word, maak hulle bespotlik;mense wat opreg lewe, geniet die guns van God.