18 Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan,wat instaan vir die skuld van sy naaste.
19 Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie;wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang.
20 'n Vals mens sal nie voorspoed hê nie;wie die waarheid verdraai, sal ondergaan.
21 Daar wag hartseer vir die vader van 'n dwaas;wie 'n ongemanierde seun het, het geen vreugde nie.
22 'n Vrolike mens is 'n gesonde mens,'n neerslagtige mens raak uitgeput.
23 'n Goddelose mens bied omkoopgeskenke aan en verdraai die reg.
24 'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid,maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.