24 'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid,maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.
25 'n Onverstandige seun is vir sy ouers 'n ergernis,hy is vir hulle 'n bitter verdriet.
26 Selfs al beboet jy 'n onskuldige mens net, is dit verkeerd,en om 'n man van aansien te laat slaan, druis in teen die reg.
27 Wie die kennis het, kan spaarsaam met sy woorde wees;'n mens met insig bly kalm.