4 Wie op onreg uit is, luister gretig na kwaadwillige woorde;wie van valsheid hou, hoor graag woorde wat verderf saai.
5 Wie met 'n arm mens spot, beledig sy Maker;wie hom verheug oor die ongeluk van 'n ander,sal self nie vrykom nie.
6 Kleinkinders is vir oumense 'n trots;vaders is vir hulle seuns 'n sieraad.
7 Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie,nog minder leuens by 'n man van aansien.
8 Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag;vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan.
9 Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam,soek goeie verhoudinge;wie 'n saak bly ophaal,bring verwydering tussen vriende.
10 'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mensas honderd houe op 'n dwaas.