1 Die selfsugtige mens lewe net vir homself,hy verwerp alle oorlegpleging.
2 Die dwaas stel nie belang in insig nie,hy wil net sy eie opinie bekend maak.
3 Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede,en saam met die belediging kom die skande.
4 Die woorde van 'n mens kan diep waters wees,'n bruisende stroom, 'n bron van wysheid.
5 Dit is nie goed om partydig te wees vir die skuldigeen om die onskuldige sy reg te ontsê nie.
6 'n Dwaas praat hom in 'n rusie in,hy soek slae met wat hy sê.
7 'n Dwaas se mond is sy ondergang,sy eie woorde is 'n dodelike strik.