13 Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het,is dwaas en kom in die skande.
14 Moed laat 'n mens sy lyding dra;as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie.
15 'n Mens met insig doen kennis op;wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.
16 'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oopen gee hom toegang tot mense met mag.
17 Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig,maar dan kom iemand anders en ondervra hom.
18 Deur 'n beslissing van die Here te vra, kan rusies beslegen sterk mense uitmekaar gemaak word.
19 'n Veronregte broer is ontoegankliker as 'n vestingstad;rusie is soos die sluitbalk van 'n fort.