6 'n Dwaas praat hom in 'n rusie in,hy soek slae met wat hy sê.
7 'n Dwaas se mond is sy ondergang,sy eie woorde is 'n dodelike strik.
8 Skinderstories word gretig verslind;mense sluk dit so maklik.
9 Een wat nalatig is met sy werken een wat alles afbreek, is tweelingbroers.
10 Die Naam van die Here is 'n sterk vesting;die regverdige vind daar skuiling.
11 Die ryk man sien sy besittings as sy vestingstad,as 'n hoë muur wat hom beskerm.
12 Op selfverheffing volg ineenstorting,op nederigheid eer.