13 'n Dwase seun is sy vader se ondergang;die gekyf van 'n vrou is soos die gedrup uit 'n dak wat lek.
14 Van sy ouers kan iemand 'n huis en besittings erf,maar 'n verstandige vrou is 'n geskenk van die Here.
15 Luiheid laat 'n mens diep slaap;'n lui mens ly honger.
16 Wie prys stel op die gebod van die Here, stel prys op sy eie lewe;wie nie omgee hoe hy lewe nie, sterf.
17 Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here,en Hy sal hom ten volle vergoed.
18 Behandel jou seun streng, dan is daar hoop,maar moet jou nie te buite gaan en hom doodmaak nie.
19 'n Opvlieënde mens boet vir wat hy doen,maar as jy hom een keer help, sal jy dit elke keer weer moet doen.