2 Die koning wek net soveel vrees as die brul van 'n leeu;as jy die koning kwaad maak, is jou lewe in gevaar.
3 Dit is eerbaar om 'n rusie te vermy;enige dwaas kan 'n rusie begin.
4 'n Luiaard ploeg nie in die saaityd nieen soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.
5 'n Oorwoë mening is diep waters;'n verstandige mens skep daaruit.
6 Baie gee te kenne dat hulle getrou is,maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?
7 Wie reg doen en eerlik lewe,met sy kinders gaan dit goed.
8 Wanneer die koning moet regspreek,sien hy ál wat verkeerd is, raak.