1 Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here;soos 'n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies.
2 In sy eie oë is alles wat 'n mens doen, reg,maar die Here toets die gesindheid.
3 Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg iseerder as dat jy offers bring.
4 Die sonde van goddeloses begin altyd met selfverheffing en eiewaan.