21 Wie na reg en liefde strewe,aan hom word 'n vol lewe en eer geskenk.
22 'n Wyse man kan selfs 'n stad vol dapper verdedigers oorwinen die vesting waarop hulle vertrou, laat val.
23 Wie sy mond en sy tong in toom hou,hou hom uit gevaar.
24 'n Ligsinnige mens is hovaardig en aanmatigend,sy hovaardige optrede het geen perke nie.
25 'n Lui mens soek sy dood,want hy wil nie sy hande uit sy moue steek nie;
26 hy sit die hele dag net en wens.Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.
27 Die Here het 'n afsku in die offers van goddeloses,te meer as hulle dit bring met slegte bedoelings.