15 My seun, as jy 'n wyse mens word,sal dit my baie vreugde verskaf.
16 Ek sal juig as wat jy sê, altyd reg is.
17 Moenie afgunstig wees op sondaars nie;wees altyd ywerig om die Here te dien;
18 dan sal jy 'n toekoms hêen jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
19 Luister, my seun, soek die regte insig:bly op die regte pad;
20 moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,
21 want die suiplap en die vraat word arm;dronkenskap laat jou in vodde loop.