18 dan sal jy 'n toekoms hêen jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
19 Luister, my seun, soek die regte insig:bly op die regte pad;
20 moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,
21 want die suiplap en die vraat word arm;dronkenskap laat jou in vodde loop.
22 Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind;en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.
23 Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie;hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig.
24 'n Vader van 'n kind wat reg doen, voel baie gelukkig;'n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde.