24 'n Vader van 'n kind wat reg doen, voel baie gelukkig;'n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde.
25 Mag ook jóú vader dié vreugde hê,mag ook jóú moeder wat jou in die wêreld gebring het, so gelukkig wees!
26 Glo my, my seun, en onthou wat ek jou leer:
27 'n slegte vrou is soos 'n gevaarlike afgrond,'n ander man se vrou is soos 'n put waaruit jy nie kan kom nie;
28 sy lê op die loer soos 'n rower,sy laat die een man na die ander 'n egbreker word.
29 Wie is dit wat sug en steun,wat rusie maak en kla,onnodig seerkry en bloedbelope oë het?
30 Dit is dié wat tot laat sit en drink,dié wat aanhou proe aan drank.