3 Moenie sy lekker kos begeer nie;dit kan jou duur te staan kom.
4 Moet jou nie afsloof om ryk te word nieen moenie jou sin vir waardes verloor nie.
5 Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg;dit kry vlerke en vlieg die lug in soos 'n arend.
6 Moenie by 'n suinige mens gaan eet nie,moenie sy lekker kos begeer nie,
7 want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos.Dit is hoe hy is.Hy moedig jou aan om te eet en te drink,maar hy bedoel dit nie.
8 Jy sal naar word van wat jy eeten jou komplimente sal verkwis wees.
9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie;hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.