23 Wat nou volg, is ook afkomstig van wyse mense.Dit is nie reg om partydig te wees in die regspraak nie.
24 'n Regter wat 'n skuldige onskuldig verklaar,sal deur die hele bevolking vervloek word,deur almal verwens word.
25 Maar met regters wat regverdig straf, sal dit goed gaan;hulle sal geseën word met voorspoed.
26 Iemand wat eerlik antwoord, is 'n ware vriend.
27 Sit eers jou werk buite aan die gangen bewerk jou lande; daarna kan jy huis bou.
28 Moenie teen jou naaste getuig as hy jou nie rede gegee het nie;moenie mense mislei met wat jy sê nie.
29 Moenie sê: “Soos hy aan my gedoen het, sal ek aan hom doen,ek sal hom terugbetaal vir wat hy gedoen het” nie.