8 Een wat beplan om kwaad te doen,kry die naam van 'n knoeier.
9 'n Dwaas se geknoei loop op niks uit nie;mense verafsku 'n ligsinnige mens.
10 As jy weifel op die dag van nood,is jy nie opgewasse daarvoor nie.
11 Red dié wat na hulle dood toe gesleep word,dié wat val-val op pad isom doodgemaak te word as jy nie keer nie.
12 As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”sal God wat die gedagtes toets,weet wat die waarheid is.Hy wat oor jou wag hou, Hy weeten Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.
13 Eet heuning, my seun, dit is lekker;die stroop is soet in jou mond.
14 So smaak die kennis, die wysheid ook;as jy dié gekry het, het jy 'n toekoms,en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.