1 Die volgende is ook spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit opgeteken.
2 Die eer van God lê in wat Hy verborge hou;konings se eer lê in wat hulle aan die lig bring.
3 Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die aardbodem,so kan konings se gedagtes ook nie gepeil word nie.
4 As jy die slak uit silwer haal,kan die smid iets van die silwer maak.
5 As jy die goddeloses by die koning wegvat,kan hy regverdig bly regeer.