15 Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word;met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek.
16 As jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg het;as jy te veel eet, word jy naar.
17 Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman;as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie.
18 'n Knopkierie, 'n swaard, 'n skerp pyl,so is 'n man wat vals teen sy naaste getuig.
19 'n Seer tand, 'n voet wat meegee,so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens.
20 Iemand wat jou klere van jou afvat op 'n koue dag,of asyn op bytsoda,so is iemand wat vir jou liedjies sing as jy treurig voel.
21 As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet;as hy dors is, gee hom iets om te drink.