19 'n Seer tand, 'n voet wat meegee,so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens.
20 Iemand wat jou klere van jou afvat op 'n koue dag,of asyn op bytsoda,so is iemand wat vir jou liedjies sing as jy treurig voel.
21 As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet;as hy dors is, gee hom iets om te drink.
22 Die Here sal jou daarvoor vergoed,en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.
23 Die noordewind bring reën,en agteraf-praat maak mense kwaad.
24 Liewer bo-op 'n dak woonas saam met 'n twisgierige vrou onder een dak.
25 Koue water vir 'n moeë mens se dors,so is 'n goeie berig uit 'n ver land.