4 As jy die slak uit silwer haal,kan die smid iets van die silwer maak.
5 As jy die goddeloses by die koning wegvat,kan hy regverdig bly regeer.
6 Moet jou nie vernaam aanstel by die koningen op die plek vir hoë mense gaan staan nie.
7 Dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom op hiernatoe!”as dat hy jou laat plek maak vir die vername mense.As jy iets gesien het,
8 moenie te haastig teen jou buurman 'n klag indien nie;wat sal jy agterna doen as hy jou belaglik maak?
9 As jy 'n saak teen jou buurman het,moenie sê wat iemand jou vertroulik meegedeel het nie:
10 dit kan by hom uitkom, en hy kan jou tot 'n leuenaar maak,en dan kry jy vir goed 'n slegte naam.