1 Soos sneeu in die somer en reën in die oestyd,so min pas dit dat 'n dwaas eer ontvang.
2 Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie,so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie.
3 'n Sweep vir 'n perd, 'n toom vir 'n donkie,en 'n lat vir 'n dwaas.
4 Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie;hy sal dink jy is soos hy.
5 Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier,anders dink hy hy het wysheid.