3 'n Sweep vir 'n perd, 'n toom vir 'n donkie,en 'n lat vir 'n dwaas.
4 Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie;hy sal dink jy is soos hy.
5 Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier,anders dink hy hy het wysheid.
6 As jy 'n dwaas met 'n boodskap stuur,kan jy net sowel nie 'n boodskap stuur nieen aanvaar dat daar moeilikheid kom.
7 'n Lam mens se bene hang nutteloos aan hom;net so nutteloos is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.
8 Om 'n klip in 'n slingervel vas te bind,dit is wat dit beteken om aan 'n dwaas mag te gee.
9 'n Doring in 'n dronk man se hand,so is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.