9 'n Doring in 'n dronk man se hand,so is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.
10 'n Boogskutter wat nie omgee wie hy raakskiet nie,so is iemand wat 'n dwaas of sommer 'n verbyganger huur.
11 Soos 'n hond wat na sy braaksel toe terugkom,so is 'n dwaas wat dieselfde dwaasheid weer begaan.
12 Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag,is daar minder hoop as vir 'n dwaas.
13 Die luiaard se verskoning is:“Daar is 'n leeu in die pad!Daar is 'n leeu in die straat!”
14 'n Deur bly op sy skarnier draai;'n luiaard bly omdraai op sy bed.
15 Die luiaard steek sy hand in die skottel,maar hy is te lui om dit terug te bring na sy mond toe.