1 Die goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie;die regverdiges het die moed van 'n leeu.
2 As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp;as daar iemand met wysheid en kennis is, bly hy lank aan die bewind.
3 'n Man wat self arm is en arm mense uitbuit,is soos 'n reën wat alles verspoel,sodat daar niks te ete oorbly nie.
4 Wie die wet van die Here verontagsaam, praat met lof van goddelose mense;wie die wet onderhou, beveg hulle.