2 As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp;as daar iemand met wysheid en kennis is, bly hy lank aan die bewind.
3 'n Man wat self arm is en arm mense uitbuit,is soos 'n reën wat alles verspoel,sodat daar niks te ete oorbly nie.
4 Wie die wet van die Here verontagsaam, praat met lof van goddelose mense;wie die wet onderhou, beveg hulle.
5 Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie;dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.
6 Liewer arm wees en eerbaar leweas oneerlik lewe en ryk wees.
7 'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here;as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie,bring hy skande oor sy vader.
8 Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit,versamel dit vir iemand wat hom oor arm mense sal ontferm.