4 'n Koning wat reg laat geskied, maak 'n land veilig;een wat net belastings oplê, ruïneer 'n land.
5 'n Man wat 'n ander vlei,is besig om hom in 'n strik te laat loop.
6 'n Mens se sonde is sy grootste gevaar.Iemand wat reg doen, kan vrolik sing.
7 'n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense,'n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie.
8 Ligsinnige mense bring 'n stad in oproer;wyse mense kalmeer die gemoedere.
9 Wanneer 'n wyse man 'n saak maak teen 'n dwaas,raak die dwaas opgewonde en beledigend,en kom daar nie vrede nie.
10 Moordenaars haat 'n onskuldige mens;mense wat reg lewe, probeer sy lewe red.