1 My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie,hou vas aan wat ek jou voorskryf,
2 want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker,dit sal maak dat jy 'n vol lewe het.
3 Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie;leef daarmee saam,maak dit 'n deel van jou lewe.
4 So sal jy guns verwerf en byval vindby God en mens.
5 Vertrou volkome op die Hereen moenie op jou eie insigte staat maak nie.
6 Ken Hom in alles wat jy doenen Hy sal jou die regte pad laat loop.
7 Moenie dink jy het die wysheid in pag nie,dien die Here en vermy wat sleg is: