20 Die ontroue vrou het haar eie manier:sy eet en vee haar mond af en sê:“Ek het niks verkeerds gedoen nie.”
21 Daar is drie, nee, vier wat die lewe ondraaglik maak,wat onuitstaanbaar is:
22 'n slaaf nadat hy koning geword het,'n ongemanierde sot nadat hy hom vol geëet het,
23 'n vrou wat eers nie 'n man kon kry nie en toe tóg getroud is,en 'n slavin nadat sy haar eienares se plek ingeneem het.
24 Daar is vier goed in die wêreld wat klein ismaar buitengewone wysheid het:
25 miere is nie sterk nieen tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg;
26 dassies het nie veel krag nieen tog maak hulle hulle tuis teen die kranse;